images/Men.jpg

Maria Zibula - Themsie Times

images/Maria2_1.jpg

Maria is Oubaas se getroue huishulp. Sy is opgelei deur Moekie en het al die jare sy huishouding met ‘n ysterhand regeer. Na vele struwelinge het sy en Hilda mekaar gevind en Maria is so-te-sê deel van die Van Zyl-huishouding. Sy werk ook as skoonmaker in die Heights en werk deeltyds vir die meisies en ander inwoners. Maria weet van almal se doen en late en gee soms wyse raad. Sy is goeie vriende met Aggie en die twee is mal oor roomskons en tee by Oppiekoffie. Maria vat nie nonsens nie en sit vinnig haar voet neer as sy voel sy word misbruik. Sy doen graag ekstra werk aangesien sy geld nodig het vir haar huis in Kwa Kwa.

Oor die Aktrise

Wanneer en waar is jy gebore?

Ek is gebore in 1949 in Port Elizabeth.

Wanneer het jy Matriek geskryf?

Ek het matrikuleer in 1966 by Cowen Secondary School in Port Elizabeth.

Wat was jou gunsteling vak?

Ek was mal oor Engels en Wiskinde

Wat is jou lekkerste herinnering van jou skooldae?

Ek het nooit van skool gehou nie

Waar het jy drama studeer?

Ek het studeer by Donkay Huis hier in Johannesburg. Meeste van my ervaring kom van PACT in Pretoria.

Wat was jou heel eerste werk?

Dit was ‘n klein drama stuk in PE. Daardie tyd moes ek my geld vir my ouers gee.

Hoe lank is jy al by 7de Laan?

10 jaar

Hoe was jou eerste dag op stel?

Ek was baie gelukkig maar bang terselfdetyd

Wat is vir jou die lekkerste van deel wees van die 7de Laan-span?

Ons is soos ‘n groot familie en ons almal werk lekker saam.

Waarvan hou jy die minste as ‘n lid van die 7de Laan span?

Niks

Wat is jou onvergeetlikste ervaring met 7de Laan-aanhangers?

Ek was by Sun City en ‘n man wou my klap omdat ek hom in engels terug antwoord. Toe ek vir hom  verduidelik dat ek nie afrikaans is nie het hy gedink ek jok vir hom.

Wat sou jou graag wou hê jou karakter moet doen of bereik?

Vra vir Danie

 .

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter