images/Men.jpg

Willem Spies - Markus Haywood 

images/_TOI0352.jpg

Oor die Akteur

Wanneer is jy gebore?
Ellisras, Limpopo op 15 Maart 1991

By watter skool het jy jou Matriek gedoen en wanneer was dit?
Hoërskool Rustenburg klaas van 2008.

Wat was jou gunstelinge vak?
Vakke is seker die minste lekker ding van skool, wie hou van leer? Maar as ek moet sê sal dit wiskunde wees.

Wat is jou gunstelling herinnering van jou skool dae?
Die vriendskappe wat mens smee, die gees die sport en ek was op n tyd in die koshuis en dit was n baie lekker tyd gewees

Waar het jy drama gestudeer?
Ek het nooit drama geswot nie, het eers n paar jaar na skool di eerste keer begin act

Wat was jou eerste betrekking?
Ek het gebarman van hoërskool af en toe het ek R300 n aand gekry (van 4 uur tot so 2 uur) ek het daardie geld maar gespaar tot ek vir my n guitar kon koop

Hoe lank is jy op 7de Laan?
Vanaf 13 Februarie 2015

Hoe was jou eerste dag op die stel?
Baie interessant veral agv my eerste toneel, dit was n baie dramatiese inkoms. Dit was nogal intimiderend veral die feit dat ek nog nooit drama geswot het of al deel was van enige groot produksies nie, en hier moet ek op my eerste dag in n toneel wees waar omtrent die hele cast van Sewende Laan betrokke was.

Wat hou jy die meeste om deel van die 7de Laan span te wees?
Ek kan act vir n lewe, dis al wat ek nog ooit wou doen. Ek werk elke dag met amazing akteurs en regiseure en n baie bekwame span mense agter di kameras. En die gratis ontbyt en middag ete maak ook ni seer nie

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter