images/Men.jpg

Aggie Ngwenya - Mimi Mahlasela

images/Aggie.jpg

Aggie is ‘n sprankelende karakter met hope lewenslus en ambisie. Sy het baie vriende en sy is beslis nie bang om te werk nie. Sy is ondernemend en gryp enige geleentheid om ekstra geld te maak met albei hande aan. Sy het haar eie skoonmaakdienste, Aggie’s Cleaning Services. Aggie werk ook by die Hillside Times. Haar Achilles-hakskeen is ‘n mooi paar oorbelle en sy spandeer graag geld op nuwes. Sy het ook intussen geleer hoe om oorbelle te ontwerp en werk gereeld saam met Felicity aan bestellings vir onder andere Eclectic E. Aggie laat haar nie misbruik nie en sit haar voet neer as enigiemand haar dienste wil uitbuit.

OOR DIE AKTRISE 

MIMI MAHLASELA

Wanneer is jy gebore?

10 April 1982 by Baragwanath Hospitaal in Soweto.

By watter skool het jy jou Matriek gedoen?

Ek het matrikuleer by Waverley Meisies Hoërskool, in Johannesburg, in 1999.

Wat was jou gunstelinge vak?

Spraak en Drama.

Wat is jou gunstelling herinnering van jou skool dae?

My vriende

Waar het jy drama gestudeer?

Pretoria Tegnikon wat ook bekend is as Tshwane University vanTegnologie (TUT)

Wat was jou eerste betrekking?

Ek het ‘n sekretaresse gespeel in ‘n  ABSA advertensie. Ek het R4000 verdien en het gaan klere koop saam met my niggie

Hoe lank is jy op 7de Laan?

Sewe jaar.

Hoe was jou eerste dag op die stel?

Dit was vreesaanjaend maar ek het dit baie geniet

Wat hou jy die meeste om deel van die 7de Laan span te wees?

Die feit dat ek met baie talentvolle mense werk. En ek kan elke dag my passie uitleef.

Wat is jou gedenkwaardige ervaaring met die 7de Laan aanhangers?

Die eerste keer wat ek ‘n publieke optrede in Kaapstad gehad het. Daar was vreeslik baie aanhangers.

Wat sou jou graag wou hé jou karakter moet doen of bereik?

Ek sal daarvan hou om te sien hoe sy meer aandag aan haarself en haar besigheid gee.

 

Watter lawwe ding wil jy graag hé jou karakter moet doen?

Dit sal baie intressant wees om te sien hoe Aggie gek raak en haar kop heeltemal verloor.

 

 

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter