images/Men.jpg

Bernard Jordaan - Werner Coetser

images/_TOI9261.jpg

Bernard Jordaan (28) is ‘n tipiese bedorwe brokkie wie se Ma nie skroom om tot in die afgrond te bederf nie. Oorspronklik  van Stellenbosch, Bernard is die seun van Tim en Linda Jordaan. Sy ouers is geskei en sy pa bly oorsee met sy stiefsussie Ava. Bernard se Ma, Linda bly in Kaapstad en kom kuier gereeld in Johannesburg.

Hy is ‘n aantreklike onafhanklike jong lat wie vinnig geleer  het om na homself om te sien. Sy ouers het in London gaan woon terwyl hy op Hoërskool was. Sy oom, Ryno lategan het hom gehuisves tot en met sy verhuising uit Hillside.

Bernard het ‘n vlugtige verhouding aan geknoop met sy stiefsuster se ma- Gita. Hy is ‘n haan onder die (baie gewillige) henne en skroom nie om sy sjarme tot sy voordeel te gebruik nie. Ook onder die manne is hy gewild: ‘n ongekompliseerde ekstrovert wat maklik vriende maak. Die groot liefde van sy lewe was Danelle. Danelle is oorlede in ‘n tragiese ongeluk in Oppiekoffie. Hy is steeds besig om haar dood te verwerk. Bernard is ‘n sportiewe man wat hou van draf in die oggende. Hy is ook lief vir Jazz musiek en is glad nie te sleg op die dansvloer nie.

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter