images/Men.jpg

Bonita Meintjies - Hildegardt Silkiewicz

images/_TOI1830.jpg

Bonita is 'n spreekwoordelike rowwe diamant. Sy het moeilik grootgeword en die lewe het haar ‘n hele paar klappe toegedien. Sy het vroeg geleer dat sy op haarself aangewese is en haar eie paadjie moet oopbaklei, en wil niemand iets skuld nie.

Bonita het min sosiale vaardighede, en kan bruusk en onbeskof voorkom. Sy maak nie verskoning vir die feit dat sy ‘anders’ is nie en steek dit weg agter ‘n ongeërgde uitdagendheid. Maar onder die growwe uiterlike is ‘n onseker vrou met ‘n swak selfbeeld wat desperaat probeer om te oorleef en iets van haar lewe te maak. Omdat sy al soveel keer in haar lewe ontnugter is deur mense of deur hulle misbruik of verraai is, is sy agterdogtig, lugtig en geslote, gee niks van haarself of haar ware gevoelens weg nie.

Sy ontmoet Vince tydens ‘n onderonsie in die deli, en hulle begin saamwerk as sy  blomme aan die deli verskaf. Sy verpes enigiets wat opgesmuk of kunsmatig lyk, en maak nie ‘n geheim daarvan nie. Haar reguit manier vang baie mense onkant en maak hulle ongemaklik, en nie almal hou van haar of vertrou haar nie – omdat hulle haar nie kan “lees” nie.Wanneer Vince laat blyk dat hy iets vir haar voel is Bonita onkant gevang. Sy kan nie glo dat hy in haar belangstel nie en wantrou sy motiewe. Maar mettertyd besef sy dat hy opreg is en ‘n verhouding ontwikkel.

Vince en Bonita is tans in 'n baie gelukkige huwelik maar kom gereeld struikelblokke teë.  

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter