images/Men.jpg

Errol Pieterse - Christo Davids

images/Errol.JPG

Errol is ‘n vrolike tiener wat weens swak huislike omstandighede op straat beland het. Om te kan oorleef moes hy noodgedwonge “streetwise” raak. Nadat Charmaine en Neville hom ingeneem het, het hy gerehabiliteer en pas hy wonderlik aan in die skool. Hy werk hard om sy doelwitte te breik en wil altyd nuwe dinge leer. Hy is altyd gewillig om te help vir ekstra sakgeld en vat tipiese kanse soos tieners van sy ouderdom. Errol werk tans by die Hillside Times as 'n joernalis. Hy is ywerig om nuwe stories oop te krap en 'n verskil in die gemeenskap te maak.

 

OOR DIE AKTEUR

Wanneer is jy gebore?

20 august 1983 in simonstown – cape town

By watter skool het jy matriek geskryf?

Kairos senior sekonder 2001

Wat was jou gunsteling vak?

Afrikaans literatuur

Wat is jou lekkerste herinnering van jou skooldae?

Om nie ‘n huislening te betaal nie

Waar het jy drama studeer?

Ek het  ll.b – regte studeer by die Universiteity van Wes-Kaap

Wat was jou heel eerste werk?

Ek het die hoofrol van ‘n drama reeks vir TV 1 gespeel toe ek elf was. Ek het gaan studeer met die geld.

Hoe lank is jy al by 7de laan?

5 jaar aan en af

Hoe was jou eerste dag op stel?

Dit was vir my snaaks hoe vriendelik die mense was. Dit het dadelik gevoel of ek al vir jare hier werk.

Wat is vir jou die lekkerste van deel wees van die 7de laan-span?

Ontbyt. Om deel te wees van die mees gewilde program op SA TV en om saam met al die briljante akteurs te werk, 
dit maak dat jy wil werk toe kom in die oggende

Waarvan hou jy die minste as ‘n lid van die 7de laan span?

Wil jy regtig hê ek moet dit antwoord?

Wat is jou onvergeetlikste ervaring met 7de laan-aanhangers?

‘n Hawlose kind wat 7de Laan kyk het eenkeer vir my R2 gegee.

Wat sou jou graag wou hê jou karakter moet doen of bereik?

Ek is gelukkig met waar hy nou is.

Watter lawwe ding wil jy graag hê jou karakter moet doen?

Het hy nie al geoeg gedoen nie?

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter