images/Men.jpg

Herman Croukamp - Deon Coetzee

images/_TOI0544.jpg

Herman het die eerste keer sy verskyning gemaak as Nadia se pa. Na die egskeiding van sy vrou het hy teruggekom na Hillside en T en T gekoop. Hy is ‘n vernuftige sakeman en is nooit bang vir uitdagings nie. Alhoewel hy sukkel om ‘n vaste verhouding met ‘n vrou te hê, is hy byna nooit sonder een aan sy sy nie.

 

Oor die Akteur

Wanneer is jy gebore?

Ek is op 1 Januarie 1962 gebore in Johannesburg.

By watter skool het jy jou Matriek geskryf?

Helpmekaar, 1979. .

Wat was jou gunstelinge vak?

Geskiedenis

Wat is jou gunstelling herinnering van jou skool dae?

Elizabeth Breening agter die fiets loots.

Waar het jy drama gestudeer?

Ek het nie drama studeer nie.

Wat was jou eerste betrekking?

Die reeks Skooldae in 1980. Ek het R150 gekry en ek het ‘n kas bier gekoop.

Hoe lank is jy op 7de Laan?

Vier jare.

Hoe was jou eerste dag op die stel?

Vreesaanjaend

Wat hou jy die meeste om deel van die 7de Laan span te wees?

Ek kan vir ‘n lewe toneel speel, die beste werk ooit!!

Wat hou jy nie om van deel van die 7de Laan span te wees?

Dat ek moet 07:30 by die werk wees elke oggend.

Wat is jou gedenkwaardig ervaaring met die 7de Laan aanhangers?

Die ou manne het nie aanhangers nie

Wat sou jou graag wou hê jou karakter moet doen of bereik?

Minder opnames, dit sal lekker wees om minder opnames van ‘n teneel te hê.

Watter lawwe ding wil jy graag hê jou karakter moet doen?

Om nog ‘n kontrak op 7de Laan te kry

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter