images/Men.jpg

Hilda de Kock - Annelisa Weiland

images/_TOI8826.jpg

Hilda is getroud met Oubaas van Zyl en is een van die mees geliefde inwoners van Hillside. Hulle woon in 'n klein woonstelletjie bo-op Oppiekoffie net oorkant die jong meisies en sy word nooit sonder een van haar serpies gesien nie. Sy het 'n baie klein hartjie en is opreg besorg oor mense. Hilda is 'n gespanne, senuweeagtige mens, raak maklik ontsenu en angstig. Sy is lief vir bak en brei en is baie avontuurlustig. Haar truie is gewoonlik kleurvolle rampe, maar Hilda laat haar nie daardeur afsit nie. En sy sien haarself as 'n innoverende kok wat in interessante kombinasies spesialiseer: soet-suur, soet-sout, suur-sout... Sy is die assistent in die Deli en die ander moet behoorlik bontstaan om haar entoesiasme aan bande te lê. Haar aartsvyand is Matrone Netta Nortjé en die twee het selde ‘n goeie woord oor mekaar te sê.

OOR DIE AKTRISE

ANNELISA WEILAND

Wanneer is jy gebore?

15th Februarie 1949 in See punt, Kaapstad.

By watter skool het jy jou Matriek geskryf?

Durbanville Hoërskool in 1966.

Wat was jou gunstelinge vak?

Musiek

Wat is jou gunstelling herinnering van jou skool dae?

Ek het altyd skool konsêrte geniet.

Waar het jy drama gestudeer?

By UCT Drama Skool.

Wat was jou eerste betrekking?

Ek was steeds ‘n student en het gewerk aan ‘n produksie in Strindburgs “The Father”. Ek het die dogter vertolk. Ek het so min verdien ek kan nie eers onthou waar op ek dit spandeer het nie.

Hoe lank is jy op 7de Laan?

Van dat 7de Laan begin het in 2002.

Hoe was jou eerste dag op die stel?

Traumaties

Wat hou jy die meeste om deel van die 7de Laan span te wees?

Om deel te voel van ‘n groot familie

Wat hou jy nie om van deel van die 7de Laan span te wees?

Partykeer raak dit baie intens, dan het mens ‘n ruskans nodig.

Wat is jou gedenkwaardig ervaaring met die 7de Laan aanhangers?

Niks buiten gewoon nie

Wat sou jou graag wou hê jou karakter moet doen of bereik?

Hilda moet mooier aantrek.

Watter lawwe ding wil jy graag hê jou karakter moet doen?

 

Om haar te sien swaai aan ‘n kandelaar

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter